Roger Foster, hoof van SA Airlink, het aan dié koerant erken dat sommige van sy werknemers ketting e-posse en plakkate gebruik het om kollegas te oorreed om te stem dat hulle Airlink sal vlieg.
'n Totaal van 55% van stemmers in die peiling het gesê hulle sal nie Airlink gebruik nie, terwyl 45% gesê het dat hulle steeds dié lugredery sal gebruik.
Foster het gesê die beweerde knoeiery was nie onder sy opdrag of goedgekeur gedoen nie.
"Ek was onbewus daarvan totdat ek julle (The Star se) navraag per e-pos ontvang het,” het hy gesê.
S’bu Ndebele, minister van vervoer, het vandeesweek ‘n ondersoek aangevra nadat Airlink Maandag in sy derde ongeluk in drie maande betrokke was.
Een van die onderneming se vliegtuie het in nat weer op 'n aanloopbaan in George gegly en op 'n nabygeleë pad tot stilstand gekom.
- Sapa