Share

Alliansievennote stry voort

Pieter du Toit

Kaapstad-Die botsing tussen die ANC-jeugliga en die SAKP is die gevolg van ’n leierskapstryd in die ANC, het die jeugliga gister laat blyk.

Die jeugliga het skerp en hard teruggekap na die SAKP in die voortslepende woordestryd tussen die twee organisasies. Dit het ontstaan nadat mnr. Julius Malema, jeugliga-leier, by die SAKP se kongres uitgejou is.

Die jeugliga het Jeremy Cronin, adjunk-hoofsekretaris van die SAKP, ook gister belowe hy sal hom “ ’n les leer wat hom lank sal hou”.

Dít word vervat in ’n skerp bewoorde verklaring wat uitgereik is ’n uur voordat ’n spesiale vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) en sy nasionale werkkomitee gistermiddag sou begin. Die SAKP-leiers mnr. Gwede Mantashe, dr. Blade Nzimande en Cronin, asook Malema, sou dié vergadering bywoon.

Die ANC wou gisteraand niks oor die NUK-vergadering sê nie. ’n Woordvoerder het gesê adj.pres. Kgalema Motlanthe sal die media vandag by Luthuli-huis toespreek.

Ondanks die beledigings en beleidsverskille wat die afgelope weke na vore gekom het, word volgehou die alliansie beleef nie ’n krisis nie.

Cosatu het gister by monde van ’n woordvoerder gesê “niks kan verder van die waarheid wees nie”, terwyl pres. Jacob Zuma in ’n radio-onderhoud gesê het die huidige diskoers dui nie op konflik nie, maar eerder op gesonde debat.

Tog word beweerde planne van Nzimande, SAKP-hoofsekretaris, om in 2012 ANC-adjunkpresident te word in die jeugliga se verklaring onthul, terwyl Mantashe, wat as die ANC se sekretaris-generaal én die SAKP se nasionale voorsitter dien, trompop aangevat word.

“Die jeugliga is oortuig die rede waarom die uitjouery van Malema deur die SAKP-leierskorps ondersteun word, is omdat hulle glo ons is gekant teen Nzimande se planne om in 2012 ANC-adjunkpresident te word en omdat ons Mantashe nie ’n tweede termyn gaan steun nie.”

Die jeugliga het verder gesê die “storting” van ondemokratiese leiers in die ANC gaan nie geduld word nie. “Die jeugliga se leierskorps het besluit om dié kwessies te bespreek omdat die ANC stil is oor die gedrag van SAKP-afgevaardigdes by hul kongres... omdat Mantashe worstel oor sy leiersposisies in die ANC en SAKP.”

Cronin, wat dreigemente ontvang het van iemand wat hom as Malema voordoen, se uitlatings dui volgens die jeugliga op sy “luiheid om dieper in ideologiese kwessies te delf en ’n snaakse neiging om die belange van wit kapitaal te beskerm”.

Ook Buti Manamela, leier van die Jong Kommuniste, is as verdelend en ’n onwettige leier bestempel. Die Jong Kommuniste het in reaksie gesê dis jammer Malema het die jeugliga in ’n “masjien omskep wat beledigings uitspoeg”.


- Die Burger

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 960 votes
No! It's time to move on ...
33% - 466 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE