Nuus24

Baba se lyk in huis begrawe

2012-07-03 08:30
Johannesburg – Die lyk van 'n een jaar oue baba is Maandag gevind nadat dit onwettig in 'n familie se huis in Mogwase begrawe is, het die polisie in die Noordwes gesê.

"Die polisie is deur die plaaslike hoof ontbied nadat bure hom ingelig het oor wat by die huis gebeur het," het brig. Thulani Ngubane gesê.

Die familie beweer volgens hul kultuur moet 'n baba op daardie ouderdom in die huis begrawe word.

Die baba het verlede Woensdag gesterf.  

'n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    babas  |  kan jy glo?
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)