Share

Baba se valdood by hospitaal ondersoek

Johannesburg – Die Gautengse departement van gesondheid ondersoek die dood van 'n baba wat by geboorte by die Kalafong-hospitaal in Alberton geval het, het 'n woordvoerder Maandag gesê.

Simon Zwane, woordvoerder, het gesê die kwessie word met "uiterste dringendheid" hanteer.

"Ons is nie gelukkig daaroor nie, en dit lyk asof nie ons pasiënt reg bestuur het nie, en die ongelukkige voorval veroorsaak het."

Janine Meiring (33) van Pretoria-Tuine is op 24 Desember na die hospitaal gehaas. Sy was 27 weke swanger toe sy kraampyne gekry het, het Beeld berig.

'n Verpleegster by die hospitaal het glo aan haar gesê daar is 'n personeeltekort en geen portier of rolstoel is verskaf nie.

Nadat sy 'n sonar gehad het, het die dokter haar glo geïgnoreer toe sy hom oor die baba gevra het en aan haar gesê het om terug te stap na die verpleegsters.

“Ek het gesê ek kan nie en gehuil. Die drukpyne was buite beheer. Hy het my aan my arm van die bed af gehelp.

“Ek het skaars twee tree gegee toe ek met my hand die baba se kop voel. Ek het vir die dokter gesê, maar hy het gesê ek moenie daar vat nie en my hand weggetrek,” het sy aan die koerant gesê.

“Toe kom my baba uit en gly deur my vingers op die vloer.”

Volgens Meiring was die impak so groot dat hy gewip het en die vloer ’n tweede keer getref het. Die baba se naelstring is losgeruk.

“Ek het in ongeloof na die dokter gekyk. Hy het sy kop geskud en glimlaggend gesê ek moet my baba optel. Hy het niks gedoen om te help nie.”

Volgens Meiring het sy met die baba, wat gesukkel het om asem te kry, in haar arms na die verpleegsters gehardloop. Die baba is enkele ure in die waakeenheid dood.

'n Pediater het glo gesê die kopbesering, die bloedverlies weens die gebreekte naelstring, infeksie of onderontwikkelde longe weens die vroeggeboorte kon sy dood veroorsaak het.

Meiring het gesê sy soek nie vergoeding nie en wil hê die dokter moet van sy praktyklisensie gestroop word.

"Hy moenie met vroue of kinders werk nie."

Zwane kon nie sê of die dokter nog aan diens is nie.

"Sodra al die ondersoeke afgehandel is, sal die kwessie by die gesondheidsraad aangemeld word."
      
– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 946 votes
No! It's time to move on ...
33% - 464 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE