Share

Begrafnisondernemer vas ná hy lyk verhuur

Johannesburg – 'n Begrafnisondernemer en 'n vrou is naby Umbilo, Durban, in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n lyk gebruik het om van 'n lewensversekeringspolis te eis, het die polisie Maandag gesê.

Die 35-jarige vrou het na bewering 'n geboortesertifikaat van 'n persoon, genaamd Aphiwe Ntombela, vervals, het kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, gesê.

Sy het toe drie lewensversekeringspolisse van sowat R950 000 in die persoon se naam uitgeneem en 'n aantal maandelikse betalings gemaak.

"Toe sy van die polisse kon eis, het sy 'n probleem gehad, want sy moes iemand doodmaak wat nie bestaan nie," het Mdunge gesê.

"Om dié probleem op te los het sy 'n begrafnisondernemer van uMlazi genader en hom gevra om die lyk van 'n vrou te leen sodat die dokter die lyk kan ondersoek."

Verlede Woensdag het die begrafnisondernemer 'n vrou se lyk uit sy lykhuis na die eThekwini-lykhuis geneem, waar hy gesê het dit is die lyk van Aphiwe Ntombela.

"Die dokter het die lyk gesien en die vrou dood verklaar."

Die vrou het die doodsertifikaat gebruik om van die lewensversekeringspolisse te eis.

Die begrafnisondernemer sou Vrydag terugkeer om die vrou se lyk te kom haal, sodat haar regte familie haar kan begrawe.

Die polisie het 'n wenk ontvang oor die slenter en het die begrafnisondernemer by die eThekwini-lykhuis ingewag en hom in hegtenis geneem.

Volgens die woordvoerder is die vrou, wat die polisse uitgeneem het, ook in hegtenis geneem.

Die twee verskyn Maandag op aanklag van bedrog in die Durbanse handelshof.
      
– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 941 votes
No! It's time to move on ...
33% - 459 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.51
+1.2%
Rand - Euro
20.13
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.5%
Platinum
922.00
-0.4%
Palladium
960.50
-3.0%
Gold
2,337.40
+0.2%
Silver
27.18
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE