Kaapstad – 'n Brand by 'n informele nedersetting in Kommetjie in die Wes-Kaap het 140 mense dakloos gelaat, het Kaapstad se rambestuurspan gesê.
'n Woordvoerder, Wilfred Solomons-Johannes, het gesê die brand het Dindag net voor 12:00 by Masipumelele uitgebreek en 40 wonings verwoes.
"Daar word vermoed dat 'n man nagelaat het om die elektriese stoof af te skakel voor hy sy huis verlaat het en dat dit die oorsaak van die brand was."
Warm maaltye, klere, komberse, babapakke en boumateriaal is aan die slagoffers gegee.
Volg
Nuus24 op Twitter.