Share

Breytenbach-verhoor begin Dinsdag

Johannesburg – Die dissiplinêre verhoor van die geskorste Nasionale Vervolgingsgesag (NVG)-aanklaer Glynnis Breytenbach sal Dinsdag begin.

“Ek kan bevestig dat dit van môre 10:00 af sal voortgaan,” het Mthunzi Mhaga, NVG-woordvoerder, Maandag gesê.

Die verhoor sal plaasvind by die NVG se hoofkwartiere in Silverton, Pretoria.

Breytenbach, die NVG se streekshoof van die gespesialiseerde kommersiële misdaadeenheid, is in Mei geskors vir gedrag wat verband hou met die manier waarop sy een van haar sake hanteer het.

Breytenbach word daarvan beskuldig dat sy haar mag misbruik het in ‘n ondersoek na ‘n bedrogaanklag wat deur die mynmaatskappy Kumba gelê is teen Imperial Crown Trading (ICT) en dat sy nie bevele om die ondersoek te staak gehoorsaam het nie.

Die NVG het mediaspekulasie verwerp dat die verhoor verband hou met bedrog- en moordaanklagte teen die voormalige misdaadintelligensiehoof lt. genl. Richard Mdluli, wat teruggetrek is.

Beeld het verlede week berig die NVG beskuldig Breytenbach daarvan dat sy onherstelbare skade aan sy beeld aangerig het.

Breytenbach het in hofdokumente wat ingedien is by die Arbeidshof in Johannesburg geargumenteer dat die NVG “uit eiebelang” opgetree het toe sy geskors is, het die koerant berig.

Die NVG het gesê Breytenbach weet haar skorsing hou verband met haar beweerde misbruik van mag in die Kumba/ICT-saak. Sy het na bewering die NVG se beeld en goeie naam skade berokken.

Die NVG het gesê die verhouding tussen Breytenbach en haar werkgewer het onherstelbaar afgebreek – ‘n oortreding waarvoor sy afgedank kan word indien sy skuldig bevind word, het Beeld berig.

- Volg Nuus24 op Twitter
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 666 votes
No! It's time to move on ...
34% - 345 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
-0.3%
Rand - Pound
23.86
-0.3%
Rand - Euro
20.48
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
931.30
+0.6%
Palladium
992.50
+0.2%
Gold
2,338.84
+0.3%
Silver
27.62
+0.7%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,178
+1.1%
All Share
75,093
+1.0%
Resource 10
62,897
+1.3%
Industrial 25
103,895
+1.3%
Financial 15
15,856
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE