Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Breytenbach se dissiplinêre verhoor uitgestel

2012-07-23 17:37
Pretoria – Die dissiplinêre verhoor van die geskorste aanklaer Glynnis Breytenbach is tot Dinsdag uitgestel.

Breytenbach is op 30 April geskors as die streekshoof van die gespesialiseerde kommersiële misdaadeenheid vir beweerde optrede in verband met gevalle wat aan haar toegeken is.

Sy het egter beweer dat die waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolgings, Nomgcobo Jiba, haar geskors het in 'n poging om die voormalige intelligensiebaas, Richard Mdluli, te beskerm.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag gevra dat die dissiplinêre verhoor tot Woensdag uitgestel word.

William Mokhari, die NVG se verdediging, het Maandag gevra dat die saak met twee dae uitgestel word om sy kliënt tyd te gee om ‘n uitspraak wat vroeër in die hooggeregshof gelewer is te bestudeer.

“Dit sal net regverdig teenoor ons wees om die geleentheid gegee te word om die redes vir die uitspraak te bestudeer en om dan ‘n ingeligte, gepaste regsposisie oor dit in te neem,” het hy gesê.

Hy het verwys na die beslissing deur regter Ronel Tolmay dat die media by die dissiplinêre verhoor toegelaat moet word.

“Dit is van uiterste belang dat die media toegang het tot hierdie dissiplinêre verhoor...” het sy beslis.

Die verhoor sal handel oor kwessies van beduidende grondwetlike belang en moet in die openbare domein wees, het sy gesê.

“Dissiplinêre verrigtinge in hierdie saak kan nie as privaat of gewoon beskryf word nie. Gegewe die aantygings van korrupsie, wanbestuur en politieke inmenging sal ernstige grondwetlike kwessies aan die lig kom en die publiek se reg om ingelig te wees in hierdie omstandighede is onmiskenbaar.”

Mokhari het geargumenteer dat die NVG nog nie ‘n kopie van die uitspraak het nie en nie weet wat die redes agter dit is nie.

Die NVG kan moontlik teen die besluit appelleer, of dink hoe om die besluit te implementeer, aangesien die lokaal waar die verhoor gehou word, die NVG se kantoor in Silverton, Pretoria, nie geskik is vir die media se toegang nie.

Die verhoor sou Maandag afskop het en sou vyf dae duur.

Nietemin het Breytenbach se verdediging, Win Trengrove, gesê hulle is gekant teen die vertraging en dit sal sy kliënt bevooroordeel.

– Volg Nuus24 op Twitter

SAPA
Lees meer oor:    glynnis breytenbach  |  nvg
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)