Share

R150 vir toegang tot SA

Johannesburg – Nege polisiebeamptes en sewe staatsamptenare is Dinsdag by die Caledonspoort-grenspos vir bedrog in hegtenis geneem, het die Valke gesê.

Ses immigrasiebeamptes en 'n beampte van die gesondheidsdepartement tel onder die staatsamptenare wat aangekeer is, het kapt. Paul Ramaloko, 'n woordvoerder, gesê.

Hulle het mense vir 'n fooi van R150 toegelaat om die land sonder dokumente binne te kom vanaf Lesotho.

"In party gevalle het taxibestuurders ook paspoorte by die grenspos afgelewer om gestempel te word om die verblyf van houers in Suid-Afrika te verleng, vir 'n fooi van R150," het hy gesê.

"Dit gebeur al 'n lang tyd. Die amptenare het meer as R100 000 per dag gemaak. In een geval het die amptenare R200 000 tussen hulle verdeel."

Mense sonder paspoorte het in busse by die grenspos opgedaag. 'n Polisiebeampte sou dan tussen R150 en R200 per passasier vra vir die bus om die land binne te kom.

Die polisie het R38 000 in die kattebak van een van die immigrasiebeamptes se motors gevind.

Die groep sal na verwagting Woensdag in die Fouriesburg-landdroshof verskyn.

– Volg Nuus24 op Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 475 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1039 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE