Nuus24

Chabane sal komitee oor Lonmin-slagting lei

2012-08-19 17:47
Johannesburg – Collins Chabane, minister in die presidensie, sal 'n inter-ministriële komitee lei nadat 'n skietery by Marikana, waarin 34 mynwerkers dood is, plaasgevind het, het die presidensie Sondag gesê.

Ander lede wat by die komitee betrokke gaan wees sluit in Thandi Modise, premier van die Noordwes-provinsie, Susan Shabangu, die minister van minerale hulpbronne, Nathi Mthethwa, minister van polisie, Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, Richard Baloyi, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Mildred Oliphant, minister van arbeid, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, en Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake.

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het gesê die komitee sal Marikana Maandag besoek om familielede van slagoffers te help.

"Hulle sal die families en familielede ondersteun en ook help met die identifisering van oorledenes. Die komitee sal ook berading gee en met begrafnisse help."

Zuma het intussen 'n week van rou aangekondig vir die 44 mense, insluitend twee polisiebeamptes en 34 mynwerkers, wat dood is in die skietery naby die Lonmin-myn op Marikana in Noordwes.

Alle nasionale vlae sal vanaf 20 tot 26 Augustus by alle vlagstasies in Suid-Afrika en missies buite die land halfstok hang.  

Gedenkdienste sal Donderdag op 23 Augustus regoor die land gehou word.

– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    marikana  |  lonmin-slagting
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)