Sapa berig die groep het by die minuut groter geword.
Hulle was in ‘n rustige bui terwyl hulle gedans en gesing het en plakkate met “Stop e-tolstelsel” vasgehou het.
Daar was geen polisiebeamptes in sig nie.
Daar was ook geen sigbare ontwrigting aan verkeer nie. Taxi-bedrywighede was ook normaal.
Cosatu betoog in 32 gebiede van oor die hele land heen teen arbeidsmakelaars en die beplande e-tolstelsel.
– Is jy op die toneel van een van die protesoptogte? Stuur jou foto's en stories aan ons vir publikasie.
Volg Nuus24 op Twitter