Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Delmas-moorde: Moordaanklagte voorlopig laat vaar

2012-07-18 12:00
Johannesburg – Die moordaanklagte teen drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n vyf maande oue baba en ‘n dagmoeder in Delmas vermoor het, is voorlopig laat vaar, het Beeld Woensdag berig.

Fernandos Maritse (27), Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) het Dinsdag in die Delmas-landdroshof verskyn en staan nou slegs tereg op aanklagte van diefstal.

Die drie mans is borgtog van R1 000 elk toegestaan met streng voorwaardes, wat insluit dat hulle vyf keer ‘n week by ‘n polisiekantoor aanmeld.

Die staatsaanklaer, Erik van der Merwe, het tydens hul hofverskyning gesê die mans kan nog nie direk met die moorde verbind word nie. Hulle sal weer op 17 Augustus in die hof verskyn.

Die vier is aanvanklik daarvan beskuldig dat hulle Magrietha de Goede (66) en klein Wiehan Botes in Mei verwurg het.

– Volg Nuus24 op Twitter
  SAPA
Lees meer oor:    delmas  |  moorde  |  hof
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)