Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Depressielyer hou broer gyselaar naby Klerksdorp

2012-07-26 10:38
Johannesburg – ‘n Jong vrou wat aan depressie ly het haar 12-jarige broer in Stilfontein, naby Klerksdorp, gyselaar gehou, het die polisie in die Noordwes-provinsie gesê.

Kapt. Adele Myburgh sê die 22-jarige vrou het haar broer Woensdagmiddag ná skool aangehou.

“Die seun het van skool teruggekeer en was binne hul huis toe sy suster hom gyselaar geneem en gedreig het om hom met hul ma se vuurwapen om die lewe te bring...”

Myburgh sê die ouers was ten tyde van die voorval by die werk, maar ‘n ouer broer was tuis en het die polisie gebel.

“Die polisie het by die toneel opgedaag en begin onderhandel... Die polisie het die suster oorreed om die seun vry te laat. Sy het ook haarself aan die polisie oorhandig.”

Die seun is aan sy ouma oorhandig nadat hy op die toneel ondersoek is. Hy het geen beserings opgedoen nie.

Myburgh sê die vrou is by ‘n hospitaal opgeneem en sal van poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie aangekla word.

Volg Nuus24 op Twitter 
SAPA
Lees meer oor:    ontvoerings  |  gyselaars
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)