Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Dewani-getuie was glo dronk

2012-08-21 16:42
Johannesburg – ‘n Getuie in die Anni Dewani-moordsaak was dronk toe hy die aand saam met haar veroordeelde moordenaar en ‘n vermeende samesweerder na Gugulethu gery het, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Die getuie sê hy het saam met ‘n vriend gedrink voordat hy omstreeks 21:30 op 13 November 2010 by Sop’s Place in Khayelitsha aangekom het.  Hy het sowat 375 ml whiskey by die taverne gedrink.

Hy het vir die hof gesê alhoewel hy kon bestuur, loop en sien het hy gedink dit sal beter wees om dit nie te doen nie.

Hy sê Mziwamadoda Qwabe,, wat tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is nadat hy skuldig gepleit het vir sy aandeel in die moord, het bestuur.

Die getuie, wie se naam weens ‘n hofbeslissing nie bekendgemaak kan word nie, het in Xolile Mngeni se verhoor getuig. Mngeni het glo die sneller getrek.

Die getuie het Maandag gesê dat hy saam met die twee, ‘n ander vriend en twee vroue in die motor was. Hulle het na Gugulethu gery, dieselfde plek waar die bussie waarin Dewani was gekaap is.

Dewani is in ‘n vermeende motorkaping doodgeskiet terwyl sy saam met haar man in Kaapstad op wittebrood was.

Mdgeni het onskuldig gepleit op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Matthews Dayimani, sy prokureur, het die getuie gevra hoekom hy in sy getuienis van ses mense in die voertuig gepraat het, terwyl hy in sy polisieverklaring slegs van vyf mense gepraat het.

“Ek onthou ek het gesê ons was ses,” het die getuie gesê.

Dayimani het gevra of sy geheue sleg was omdat hy daardie aand gedrink het. Die getuie het gelag en gesê hy is seker daar was ses mense.

Die hof het gehoor dat die polisie nooit vir die getuie gevra het wat sy vriend en die twee vroue se name was nie.

– Volg Nuus24 op Twitter


  SAPA
Lees meer oor:    anni dewani  |  shrien dewani  |  moorde  |  hof
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)