Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Dewani-uitleweringsverhoor begin einde Julie

2012-07-23 16:31
Kaapstad – Die uitleweringsprosedure teen Shrien Dewani sal op 31 Julie in die Verenigde Koninkryk hervat word, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) Maandag gesê.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, het gesê die verhoor sal by die Westminster-magistraatshof plaasvind.

"Dit is 'n vervolging van 'n vroeëre bevinding wat beslis het dat Dewani nie uitgelewer kan word totdat sy toestand verbeter het nie," het hy gesê.

"Die Westminster-magistraathof het regter Howard Riddle gevra om Dewani se toestand te monitor om te bepaal of hy gereed is om uitgelewer te word."

Dewani het herhaaldelik ontken dat hy die moord op sy 28-jarige vrou, Anni, gereël het.

Anni is op 13 November 2010 in ’n beweerde kaping in Guguletu ontvoer terwyl sy op haar wittebrood in Kaapstad was. Haar lyk is die volgende dag met ’n skietwond in die nek in Ilitha Park, Khayeli­tsha gevind

Brittanje se hooggeregshof het in Maart Dewani se uitlewering weens geestelike gesondheidsredes stopgesit.

Die hof het gesê Dewani sal aan Suid-Afrika uitgelewer word sodra hy gesond is. Dewani word tans in 'n psigiatriese hospitaal in sy tuisdorp Bristol, in die weste van Engeland, behandel.

Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n deelname in die moord gehad het, sal op 30 Junie verhoor word.

Xolile Mngeni en Mziwamadoda Qwabe staan tereg op aanklagte van ontvoering, diefstal met verswarende omstandighede, moord asook twee aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Hulle is steeds in aanhouding.

Ntabazalila het gesê 'n finale voorverhoor-konferensie sal Woensdag plaasvind.

Zola Tonga, die ander beskuldigde, is tot 18 jaar tronkstraf tronkstraf gevonnis nadat hy 'n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    shrien dewani  |  hof
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)