Johannesburg – Die Duitse kunsversamelaar wat die skildery van pres. Jacob Zuma met sy geslagsdele ontbloot gekoop het, gaan nie die beskadigde kunswerk restoureer nie en het gesê hy sal dit persoonlik in Suid-Afrika kom haal.
Brett Murray se
The Spear was by die Goodman-galery in Rosebank, Johannesburg, uitgestal toe dit Dinsdag deur twee mans
beskadig is.
Die voorval het plaasgevind kort nadat die ANC 'n dringende aansoek by die hof ingedien het om die Goodman-galery en die
City Press -koerant te verbied om die omstrede kunswerk te vertoon of uit te stal.
Die
Saturday Citizen het berig dat Liza Esser, direkteur van die Goodman-galery, met die skildery se eienaar gepraat het wat "dit net so wil hê".
Die versamelaar het
The Spear vroeg in Mei vir R136 000 gekoop.
Phillippa Duncan, 'n verfspesialis, het aan die koerant gesê dit sal wys wees om die kunswerk in sy beskadigde toestand te hou.
"In die toekoms behoort die kunswerk se waarde die hoogte in te skiet weens die politieke skandaal en publisiteit wat daarmee verbind word," het sy gesê.
Volg
Nuus24 op Twitter.
SAPA