Johannesburg – ‘n Man het gesterf en twee ander is beseer in ‘n kop-teen-kop-botsing in die Karoo, het paramedici gesê.
Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder vir ER24, sê ‘n 50-jarige man in ‘n Toyota Hilux is dood. ‘n Ander man in die bakkie het ernstige beserings opgedoen toe die voertuig teen ‘n Toyota Land Cruiser vasgery het.
Die beseerde man is Vrydagaand na ‘n hospitaal in Kathu geneem voordat hy na Kimberley oorgeplaas is.
Die 30-jarige bestuurder van die Land Cruiser is ook beseer.
Jackson sê ‘n plaaslike boer het na bewering dié man uit die voertuig bevry en hom na ‘n hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
SAPA