Share

Eskom waarsku oor krisis met krag

Kaapstad – Eskom het ’n ernstige probleem om genoeg elektrisiteit te verskaf en het teen landwye kragonderbrekings gewaarsku.

Suid-Afrikaners sou reeds Maandagaand al die donkerte ingestuur word indien Eskom in spitstye nie aan die vraag na elektrisiteit kon voldoen nie.

Die tekort aan elektrisiteit is so erg dat die kragvoorsiener gistermiddag, nog voor die verwagte aand-spitstyd, sy noodreserwekrag moes gebruik.

Alle waarskuwings dat daar probleme is, het gewys die naald is in die rooi – wat beteken die nasionale kragnetwerk is onder groot druk. “Ons gebruik al die noodvoorraad wat ons kan. Ons is baie bekommerd,” het Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, gesê.

Eskom het Maandag ook groot verbruikers gevra om aanlegte af te skakel. Verder is munisipale owerhede, soos die Kaapse stadsraad, in kennis gestel.

Die kragvoorsiener het altesaam 14% (sowat 5 000 MW) van sy kapasiteit om krag te voorsien, verloor. Joffe het gesê dié tekort is weens die kragsentrales wat vir geskeduleerde instandhouding moes afskakel, maar ook “allerlei tegniese probleme” wat veroorsaak het dat die sentrales net eenvoudig nie aan die verwagte vraag na krag kan voldoen nie.

Boonop is Eskom onseker oor hoeveel elektrisiteit landwyd nodig sal wees wanneer fabrieke ná die Desember-vakansie weer begin werk.

Wat Eskom vandag, die res van Januarie én die res van 2012 gaan doen, is onduidelik.

Die Kaapse Kamer van Koophandel het gesê hy is erg bekommerd oor die skramse inligting en Eskom se beplanning. Die kragvoorsiener het die Kamer gister meegedeel dat Suid-Afrikaners die volgende aantal weke deur beurtkrag in die gesig gestaar word.

Joffe het gesê Eskom sal alles in sy vermoë doen om beurtkrag te probeer vermy, maar die kragvoorsiener se situasie is “baie, baie knap”.

– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 485 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 514 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE