Die media se aandag was op die Reitz-vier gefokus, maar toe hulle net ná die hofsaak verdaag, het 'n gevangene sy kanse gewaag en probeer om deur die voordeur van die hof te ontsnap.
Die man se poging is aan die wiele gery, te danke aan ‘n fotograaf wat hom gepootjie het.
“Daar was ‘n reuse rumoer en ek het gesien hoe ‘n man na die deur toe storm met polisie wat skreeu. Hy het verby almal geglip en ek was die laaste persoon by die uitgang. Ek het hom gepootjie,” het Antoine de Ras, van die koerant The Star, gesê.
Lees hier meer.
Volg Nuus24 op Twitter.