Share

Geen bewyse teen Ngcobo

Johannesburg – Daar is geen prima facie-bewyse dat die Johannesburgse metropolisiehoof, Chris Ngcobo, skuldig is aan wangedrag nie, het Amos Masondo, burgemeester van Johannesburg, gesê.

“Die stad is bekommerd dat geen van aantygings wat deur die unie gemaak is bewys kan word nie,” het Masondo Donderdag tydens ‘n perskonferensie gesê.

Die stad het ‘n ondersoek geloods nadat die South African Municipal Workers' Union (Samwu) aantygings van korrupsie teen die metropolisiehoof gemaak het.

Ngcobo het tydelik uit sy posisie getree nadat lede van die unie ‘n weeklange staking begin het.

“Ek voel gelukkig en opgewonde,” het Ngcobo tydens die perskonferensie gesê. Volgens hom koester hy geen wrok teen die wat hom beskuldig het nie.

“My doel was om terug te staan terwyl die saak ondersoek word. Ek is nie kwaad nie,” het hy gesê.

Dumisani Langa, Samwu-woordvoerder, het gesê dat hulle nie die bevindinge sal aanvaar nie.

“Daar is heelwat ongerymdhede in dié ondersoek. Ons wil dadelik ‘n vergadering reël sodat hulle die prosedures van die ondersoek aan ons kan verduidelik,” het Langa gesê.

–Sapa
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 467 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1023 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE