Die omgewingsgroep het die betoging gehou in ‘n poging om vergaderings oor die uitbreiding van kernkrag op die kontinent, te staak, het Ferrial Adam, ‘n woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
“Vyf Greenpeace-aktiviste is buite die Industrial Development Corporation-gebou in Sandton rof hanteer... ná hul aksie vanoggend waar hulle daarop aangedring het dat besprekings opgeskort moet word...”
Luidens die verklaring het die vergadering gehandel oor die moontlike uitbreiding van kernkrag in Suid-Afrika en die res van die Afrika-kontinent.
Dipuo Peters, minister van energie, het die konferensie geopen. Die geleentheid is deur Omega Investment Research georganiseer.
Die polisie kon nie die voorval onmiddellik bevestig nie.
Volg Nuus24 op Twitter