Share

Groot borg stil oor Oscar

Johannesburg – Die internasionale sportdraghandelsmerk Nike het Donderdag geweier om kommentaar te lewer oor die maatskappy se toekomstige verhouding met die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius ná hy na bewering in die vroeë oggendure sy vriendin, Reeva Steenkamp, by sy huis in Pretoria doodgeskiet het.

"Hierdie is 'n polisiesaak en word steeds ondersoek," het Seruscka Naidoo, woordvoerder vir Nike SA, gesê.

"Van Nike deel ons ons medelye met almal wat hierdeur geraak word."

Nike is een van Pistorius se vyf grootste borge. Hy het sedert 2008 in 'n paar advertensies van die maatskappy verskyn.

Intussen het die privaatuitsaaier M-Net aangekondig dat 'n advertensieveldtog waarin Pistorius verskyn op dié kanaal onttrek sal word.

Die advertensieveldtog, waarin die 26-jarige atleet saam met twee plaaslike komediante die komende Oscar-toekennings, wat op M-Net uitgesaai word, adverteer, het op 20 Januarie begin draai.

Lani Lombard, woordvoerder van M-Net, het Donderdagoggend bevestig dat die Oscar-advertensies onttrek gaan word.

“Uit respek vir die familie wat ‘n verlies gely het, gaan M-Net die volledige Oscar-advertensievedltog, wat Oscar Pistorius insluit, met onmiddellike effek onttrek,” het Lombard in 'n e-pos gesê.

Pistorius is tans in polisie-aanhouding, en sal Vrydag in die hof verskyn.

– Volg Nuus24 op Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 377 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 794 votes
Vote
Rand - Dollar
19.13
+0.2%
Rand - Pound
23.80
+0.1%
Rand - Euro
20.41
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
942.50
-0.8%
Palladium
1,024.50
-0.5%
Gold
2,387.26
+0.3%
Silver
28.49
+0.9%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,162
-0.0%
All Share
73,204
-0.1%
Resource 10
63,141
-0.3%
Industrial 25
98,541
+0.1%
Financial 15
15,456
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE