Johannesburg – Die familie van die man wat deur die polisie doodgeskiet is terwyl hy sy eksmeisie Vrydag in Evaton, suid van Johannesburg, met ‘n geweer aangehou het, sê dit was nie nodig vir die polisie om hom te skiet nie.
Die 30-jarige man het sy eksmeisie se suster in die voet geskiet voordat hy sy eksmeisie ontvoer en na ‘n huis in Evaton gevlug het, berig
Eyewitness News.
Hy het haar in sy motor, wat meer as drie uur lank buite die huis geparkeer was, gyselaar gehou.
Die man se suster het aan
Eyewitness News gesê die polisie het nie genoeg tyd toegelaat om met hom te onderhandel nie.
Volgens die polisie was die meisie se lewe in gevaar ná onsuksesvolle onderhandelings van drie uur lank.
Lele Chiloane, die man se suster, sê sy dink nie haar broer wou die ma van sy kind seermaak nie.
Sy sê haar broer het aan die polisie gesê hy wou net met die meisie praat sonder dat haar kêrel teenwoordig is.
Hy het glo uit frustrasie opgetree omdat die meisie sy dogter vir die afgelope sewe maande van hom af weggehou het.
– Lees meer by
Eyewitness News– Volg Nuus24 op
Twitter