Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Haaiaanval: Man in bestendige toestand

2012-07-07 08:32
Kaapstad – 'n Branderplankryer wat Vrydag in Jongensfontein naby Stilbaai in die Wes-Kaap deur ‘n haai aangeval is, is in 'n bestendige toestand, het RSG Saterdagoggend berig.

Jacque Mostert, 29, van Centurion, het saam met vriende branderplank gery toe die haai hom aangeval het.

“Volgens aanvanklike beramings, gebaseer op ooggetuies se vertellings en op die bytmerke, skat ons die haai was tussen 4 meter en 4,5 meter lank, maar die haaispesie is nog nie bevestig nie,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.

Die man het twee ernstige skeurwonde aan sy bobeen en linkerknie opgedoen.

Mostert is op die toneel deur die NSRI vir bloedverlies behandel.

Randall de Koker van ER24 het aan Beeld gesê die slagoffer het baie bloed verloor en verskeie beserings aan sy linkerbeen opgedoen.

“Daar is ’n hele paar bytmerke aan sy bo- en onderbeen,” het hy gesê.

Volgens De Koker was Mostert en twee van sy vriende in die water by dié gewilde branderplankplek naby Stilbaai.

'n Brander het Mostert uitgespoel strand toe kort nadat hy gebyt is.

– Lees hier meer.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    stilbaai  |  haai-aanvalle
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)