Nuus24

Helikopter maak 'harde' landing in Potch

2010-11-24 18:00
Johannesburg – ‘n Militêre helikopter het Woensdag tydens ‘n oefening ‘n “harde” noodlanding in Potchefstroom gemaak, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gesê.

“Dit het nie neergestort nie, maar ‘n buitengewone harde landing gemaak,” het woordvoerder Siphiwe Dlamini gesê.

Volgens Dlamini is niemand beseer nie, maar die helikopter is tydens die landing beskadig.

Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, was paramedici verbaas dat niemand beseer is nie aangesien die helikopter erg beskadig is.

Volg Nuus24 op Twitter.
  SAPA
Lees meer oor:    potchefstroom  |  helikopters
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)