Johannesburg – ‘n Man het gesterf nadat ‘n Amerikaanse Veghond hom op Knightweg in Sherwood aangeval het, het die polisie in KwaZulu-Natal Woensdag gesê.
“Allan Lanton se linkerarm is erg verskeur en hy het Dinsdag aan sy beserings beswyk,” het kol. Jay Naicker gesê.
Lanton (60) is op sy eiendom aangeval.
Die polisie is ingeroep toe die hond se eienaar en ‘n buurman nie daarin kon slaag om die dier te kalmeer nie.
‘n Polisiebeampte het skote afgevuur om die dier skrik te maak, maar dit het ook geen effek gehad nie.
“Die beampte moes noodgedwonge die hond doodskiet,” het Naicker gesê.
- Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA