Share

Hou Mandela Kersdag in gebede, vra Zuma

Johannesburg – Oudpres. Nelson Mandela se dokters het bevestig dat hy Kersdag in die hospitaal sal deurbring, het Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, in 'n verklaring gesê.

"Ons vra alle Suid-Afrikaners om Tata op Kersdag in hul gedagtes te hou by elke plek van aanbidding en ontspanning en regdeur die feestyd," het pres. Jacob Zuma in 'n verklaring gesê.
 
"Ons nooi ook alle vredeliewende mense van regoor die wêreld om vir hom te bid. Hy is 'n vurige vegter en sal met ons ondersteuning herstel."

Die ikoniese leier, wat al byna drie weke in die hospitaal is, reageer goed op behandeling.

Die 94-jarige Mandela is op 8 Desember per helikopter vanaf Qunu in die Oos-Kaap na Pretoria gevlieg. Hy is behandel vir 'n herhalende longinfeksie en galstene.

Dit is die langste wat die voormalige leier in die hospitaal is sedert hy meer as twee dekades gelede uit die tronk vrygelaat is.

Pres. Jacob Zuma het die ikoniese leier Saterdag in die hospitaal besoek en het Suid-Afrikaners gevra om vir Mandela te bid.
      
– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 424 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 900 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent-ruolie
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE