Kaapstad – Inwoners van Pringlebaai in die Wes-Kaap is woedend oor 'n
National Geographic-dokumentêr wat kos gebruik om bobbejane na 'n huis in die gebied te lok, berig die
Cape Times.
Die bobbejane word met versteekte kameras, wat in 'n spesiaal-gemodifiseerde kothuis by die Hangklip-hotel geplaas is, afgeneem.
Die televisiereeks,
Big Baboon House, het inwoners warm onder die kraag omdat dit jare se pogings om die diere uit hul huise te hou, ondermyn.
Die Pringlebaai Baboon Action Group het gesê daar is die afgelope drie maande 'n skerp toename in bobbejane in die gebied.
"Wat hulle gedoen het, is heeltemal onaanvaarbaar. Om bobbejane met kos te lok, is nie net onwettig nie, dit verstoor die vreedsame kohabitasie wat ons tussen mense en bobbejane probeer handhaaf."
Jaco Botha, die program se ontwikkellingsvervaardiger, het op die program se amptelike blog gesê dit was baie opwindend om vir die eerste keer te sien hoe die bobbejane by die huis inbreek. Volgens hom wys dit dat die diere afgeneem kan word sonder dat dit "enige uitwerking op hul natuurlike gedrag het".
Meghan Gleason, digitale- media inhoudsvervaardiger, het gesê hulle doen "sosiale eksperiment van 'n leeftyd op die ape" om hul gedrag te verstaan.
DEEL JOU MENING: Het jy al die ape teëgekom? Stuur jou storie aan
Nuus24. Dink jy National Geographic se dokumentêr sal help om 'n oplossing te vind om die diere uit inwoners se huise te hou?
– Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA