Share

Kommissie waarsku teen Marikana-video

Rustenburg – Dit is voortydig om afleidings te maak van die sogenaamde "nuwe" selfoonvideo van die Marikana-skietery, het die Farlam-kommissie Dinsdag gehoor.

"Onder die omstandighede is die kommissie van mening dat dit voortydig is om gevolgtrekkings te maak van die videomateriaal wat in die uitsending ingesluit is," het Ian Farlam, voorsitter van die kommissie, in Rustenburg gesê.

Farlam het bevestig dat twee polisiebeamptes, 'n kaptein Rylands en 'n sers. Mahlatsi, die video op 16 Augustus geneem het.

"Die beeldmateriaal is sonder enige verpligting deur die polisie aan die kommissie verskaf en is op 21 November aan die kommissie gewys."

Hy het gesê die gehalte van die video is swak en dat die stemme nie duidelik hoorbaar is nie.

Farlam het verder gesê nie die polisie of enigiemand anders het voor die kommissie oor die video getuig nie.

Die video is Sondag deur Brittanje se Channel 4 News uitgereik.

Die kanaal het selfoonvideo's uitgesaai wat na bewering op 16 Augustus 2012 deur twee polisiebeamptes opgeneem is.

Die enigste beeldmateriaal wat tot dusver aan die media beskikbaar was, was beeldmateriaal wat deur EWN, eNCA en CNN geneem is.

Die video wat deur die polisiebeamptes geneem is, dui daarop dat baie van die mynwerkers 'n “paar honderd meter weg” van die media af op 'n koppie dood is, het Channel 4 berig.

In die polisievideo kan gehoor word hoe iemand uitroep, “Wag, moenie skiet nie! Moenie skiet nie!”. Dit vind plaas ná 'n mynwerker verby die polisie hardloop. Skote klap sekondes later.

Die beampte wat die video neem loop dan na waar 'n man bewegingloos op die grond lê. “Daai motherf****r. Ek het hom ten minste 10 keer geskiet,” sê een van die beamptes in die video.

Die slagoffer word later as 'n 26-jarige mynwerker geïdentifiseer wat 12 keer geskiet is.

Die sittings duur voort.
       
– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 176 votes
No! It's time to move on ...
35% - 96 votes
Vote
Rand - Dollar
18.97
+1.3%
Rand - Pound
23.74
+0.9%
Rand - Euro
20.35
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.4%
Platinum
914.00
+0.2%
Palladium
1,006.50
+0.2%
Gold
2,326.91
+0.5%
Silver
27.38
+0.8%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,478
-0.1%
All Share
74,432
-0.1%
Resource 10
61,601
+1.9%
Industrial 25
103,002
-1.0%
Financial 15
15,831
-0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE