Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Kouefront knou Eskom

2012-06-12 09:47
Johannesburg – Eskom het Maandagaand bykans sy volle opwekkingsvermoë bereik te midde van die kouefront wat die land in sy greep het.

RSG berig die kragverbruik tydens spitstyd Maandagaand was meer as 36 556 megawatt, terwyl Eskom se kapasiteit 37 774 megawatt is.

Die kragverskaffer sê die hoogste verbruik is tussen 17:00 en 19:00, wanneer baie mense ná werk tuis kom.

Eskom sê die beplande instandhouding by sy kragstasies bly 'n prioriteit om onbeplande kragonderbrekings te voorkom, het die radiostasie berig.

Die kragvoorsiener het verlede maand vrese besweer dat daar vanjaar weer beurtkrag kan wees.

Die voorsitter van die energieverskaffer het erken dat die kragstelsel onder baie druk is en dat daar bykans geen reserwe-kapasiteit is nie.

Hy sê egter hy is vol vertroue dat kragbesparings by veral groot energie-verbruikers die druk op die netwerk kan verlig.

Volg Nuus24 op Twitter
 
Lees meer oor:    winter  |  elektrisiteit  |  beurtkrag  |  kragonderbrekings  |  eskom
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)