Johannesburg – Tegnici van Eskom is steeds hard aan die werk om die elektrisiteitstoevoer na dele van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te herstel, het die maatskappy Donderdag gesê.
"Ons werk daaraan om die toevoer so gou as moontlik te herstel, en die beter weersomstandighede sal daarmee help," het 'n verklaring gelui.
Hoewel die toevoer in party gebiede herstel is, is daar steeds in ander gebiede onderbrekings.
Ongeveer 16 700 huishoudings is deur kragonderbrekings geraak weens weersomstandighede in KwaZulu-Natal. Altesaam 15 000 huishoudings in die Oos-Kaap is ook in die duister gelaat.
Sneeu en reën in sommige dele van die land het probleme met Eskom se infrastruktuur veroorsaak.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
SAPA