Johannesburg – Sommige tydelike onderwysers in Limpopo het nie salarisse ontvang nie, het
RSG Dinsdag berig.
Dit is na bewering nie die eerste keer dat dit gebeur nie omdat dit soms tot drie maande neem voordat hulle salarisse goedgekeur is.
Die tydelike onderwysers beweer dat die provinsiale departement van onderwys baie stadig is met die prosessering van hulle salarisse.
Sommige onderwyses sê hulle is permanente aanstellings belowe.
Die departement sê hy is bewus daarvan dat sommige tydelike onderwysers nie hulle salarisse ontvang het nie en bygevoeg dat hulle besig is om die salarisse voor te berei.
'n Woordvoerder van die departement, Pat Kgomo, sê hulle neem tydelike onderwysers wat kwalifiseer deurlopend in diens soos daar ooreengekom is.
Volg
Nuus24 op Twitter.
–
RSG