Marikana – Die Lonmin-myn het 'n finale ultimatum aan stakende mynwerkers gerig om Maandag terug te keer na hul werk of die gevaar te loop om afgedank te word.
"Die finale ultimatum is uitgestel tot Maandag, 20 Augustus ná Donderdag se tragiese gebeure," het woordvoerder Gillian Findley Sondag gesê.
"Werknemers kan dus afgedank word as hulle nie gehoor gee aan die ultimatum nie.
Altesaam 34 mynwerkers is dood toe die polisie Donderdagmiddag met skerp ammunisie op stakende werkers geskiet het.
Die name van die mense wat beseer is of gesterf het in die skietvoorval is op ‘n kennisgewingbord buite die Lonmin-mynhospitaal geplaas, het die polisie gesê.
Volg
Nuus24 op Twitter.
SAPA