Nuus24

'Mak' tier byt kind se vinger af

2012-05-31 13:46
Johannesburg – ‘n Pa van Rustenburg in die Noordwes oorweeg regstappe nadat ‘n Bengaalse tier ’n deel van sy kind se vinger afgebyt het, het ‘n koerant berig.

Die voorste deel van Karla Malan (8) se pinkie kon nie gevind word ná die voorval die afgelope naweek by die Predator's Rock Bush Lodge nie.

Die kind se pa, Jacques Malan, het aan Beeld gesê die 14-jarige dogter van Gert Blom (eienaar van die lodge) het aan hulle gesê die diere is mak en kan deur die draadheining gestreel word.

Karla het gesein hoe die meisie die tier streel en het toe dieselfde gedoen. Daarna het die tier haar hand gegryp.

“Ek het so groot geskrik. My hand en vingers was vol bloed...” het sy vertel.

Dokters het haar vinger net onder die middelste lit afgesit.

Blom sê sy tiere is “so mak soos huiskatte” en die Malans moes na die borde kyk wat besoekers waarsku om nie aan die diere te raak nie.

Volg Nuus24 op Twitter  

SAPA
Lees meer oor:    tiere
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)