Nuus24

Malema: ANC het sy lede gefaal

2013-07-27 11:30
JOHANNESBURG. – Julius Malema, bevelvoerder van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het die ANC in 'n striemende aanval daarvan beskuldig dat hy ná 20 jaar aan bewind nog geen basiese dienste gelewer het nie en sy lede gefaal het.

Malema het Vrydagaand in die Uncle Tom-gemeenskapsaal in Soweto gepraat waar hy die party se eerste nasionale vergadering geopen het.

Die twee dae lange nasionale vergadering sal fokus op die party se beleid en manifes. Malema het gesê enige regering wat H.O.P-huise voorstaan, moet verwerp word omdat dit 'n regering van narre is. Hy ook gesê dit is 'n skande dat baie mense nog nie toilette het nie.

Malema het verder 'n oorsig gegee oor die party se hoofbeleid wat die onteiening van grond sonder vergoeding insluit, asook die nasionalisering van myne en ander strategiese sektore. 

Nuwe tuiste vir Nuus24
 
Nuus24 vorm van 1 Augustus af deel van Media24 se sentrale aanlyn-redaksie, en sal nie meer in sy huidige vorm beskikbaar wees nie. ‘n Voer met skakels na Nuus24 se nuwe aanlyn-bestemming sal op www.nuus24.com beskikbaar wees.

Lees meer oor:    julius malema politiek
«Terug