Nuus24

Malema: Verwyder Mdluli uit polisiediens

2012-05-14 14:30
Johannesburg – Luitenant-generaal Richard Mdluli moet uit die polisiediens verwyder word, het die geskorste president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, Maandag in Johannesburg gesê.

“Hy is ‘n ernstige bedreiging vir staatsveiligheid. Mdluli het gesê ek het deelgeneem aan die komplot teen pres. [Jacob] Zuma. My naam is daar, ek was nooit deel van enige komplot nie,” het Malema aan verslaggewers gesê

Mdluli is verlede week as hoof van die misdaadintelligensie-eenheid geskuif na ‘n ander eenheid.

Tot dusver is aanklagte van bedrog, korrupsie en moord teen hom laat vaar.

Malema sê vervalsing van inligting is ‘n ernstige bedreiging.

“Nou word ons fone afgeluister. Wanneer jy (iemand) op die telefoon groet... moet jy vir Mdluli groet.”

Hy sê dit het nie gehelp om hom in ‘n ander posisie te beklee nie.

“As ons nie die polisie vertrou nie, wie gaan ons dan vertrou?”

Malema sê mense kan nie eers polisie-beskerming aanvaar nie, want dan “ry jy permanent saam met Mdluli”.

Hy het verder gesê mense leef in vrees.

“Ons skep ‘n polisiestaat. Ons word gepolisieer.”

Dit is slegs van toepassing op mense wat ‘n ander uitkyk het, het Malema gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter
  SAPA
Lees meer oor:    richard mdluli  |  julius malema  |  sa-politiek
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)