Johannesburg – Die voormalige leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, en die geskorste woordvoerder van die party, Floyd Shivanbu, het in hofdokumente verskoning gevra aan die Wes-Kaapse premier Helen Zille, het haar woordvoerder Vrydag gesê.
Pierre-Charl du Preez sê die twee het ‘n geskrewe verskoning ingedien toe hulle hul hofdokumente in die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien het.
Regter Lee Bozalek het Malema en Shivambu Donderdag beveel om verskoning aan Zille te vra nadat hulle lasterlike aanmerkings oor haar gemaak het.
Die twee, sowel as die jeugliga, is beveel om die aanmerkings wat hulle in 2009 gemaak het terug te trek en om Zille se regskostes te dek.
Zille wou Malema, Shivambu en die jeugliga aanvanklik vir R1,4 miljoen dagvaar.
Shivambu het Vrydag gesê hy wil nie kommentaar lewer oor die kwessie nie.
Zille sê Shivambu het haar ‘n “rassistiese meisie” en “siek vrou” genoem en het beweer haar bestuur, wat slegs uit mans bestaan, was haar kêrels.
Sy het ook die kwessie genoem van Malema wat haar uitvoerende raad in Februarie 2009 “’n groep rassistiese Helen Zille -tuinmans” genoem het by ‘n veldtog in Cato Manor, Durban.
Hy het by dieselfde veldtog glo na haar as ‘n “rassis”, “kolonialis” en “imperialis” verwys.
– Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA