Johannesburg – 'n Man (41) is in Broederstroom naby Hartebeespoortdam doodgesteek, het die polisie in die Noordwes Maandag gesê.
Kapt. Amanda Funani het gesê die man en 'n vriend het gestry terwyl hulle 'n kaartspeletjie gespeel het.
"Die verdagte en die slagoffer het na bewering kaarte gespeel toe hulle oor geld begin stry het. Die verdagte het die slagoffer verskeie kere met 'n mes gesteek."
Die slagoffer is na 'n hospitaal in Brits geneem, maar hy het met sy aankoms by die hospitaal gesterf.
'n 59-jarige man is in verband met sy moord in hegtenis geneem.
– Volg Nuus24 op
Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.