Johannesburg – ‘n Man het Maandag in die Mankweng-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ‘n pensioenaris in Mmamatsha verkrag het, het die polisie in Limpopo gesê.
Die 73-jarige vrou het geslaap toe die 23-jarige man Sondagoggend deur ‘n venster by haar huis ingebreek en haar Sondagoggend verkrag het, het konst. Moses Molepo gesê.
Die man is in hegtenis geneem kort nadat die saak by die polisie aangemeld is. Die pensioenaris het haar aanvaller geïdentifiseer.
Die man bly in aanhouding en sal na verwagting op 12 Julie aansoek om borgtog doen.
- Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA