Nuus24

Man met olifantstand betrap

2012-06-24 21:19
Johannesburg – ‘n Man is in Delareyville naby Vryburg in hegtenis geneem vir die besit van ‘n onwettige olifantstand, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.

“Die polisie het Saterdag inligting ontvang oor ‘n persoon wat in besit van ‘n olifantstand was,” het brig. Thulani Ngubane gesê.

Die 42-jarige man is later deur die polisie op die Geysdorp-Khunwana-pad afgetrek en sy motor is deursoek, waar die olifantstand gevind is.

Die man het beweer hy het die olifantstand by ‘n stortingsterrein in Rustenburg gevind, het Ngubane gesê.

Die man sal na verwagting Maandag in die Delareyville-landdroshof verskyn.

- Volg Nuus24 op Twitter
 
SAPA
Lees meer oor:    olifanttande
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)