Johannesburg – ‘n Man wat laas gesien is toe hy oor die heining by die Kaapstad Internasionale Lughawe geklim het, se lyk is in ‘n British Airways vliegtuig in Londen gevind, het die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) Donderdag gesê.
“Inligting wat van Londen se Heathrow Lughawe ontvang is, het bevestig dat ‘n verstekeling aan boord ‘n British Airways vliegtuig gevind is. Die man is dood aangetref,” het ‘n woordvoerder, Deidre Davids, gesê.
Volgens Davids het die man oor die heining geklim en na ‘n aanloopbaan gehardloop waar die vliegtuig gereed was om op te styg.
Die sekuriteitsbeampte wat hom gesien het, kon vir veiligheidsredes nie die vliegtuig nader nie.
Acsa sal die voorval ondersoek.
– Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA