Johannesburg - ‘n Onbekende man se lyk is Dinsdag op die N3-snelweg buite Johannesburg gevind, het die polisie gesê.
“Polisielede het ‘n man se lyk langs die pad naby ‘n kragpaal net buite Heidelberg op die N3 gekry”, het konst. Tikoane Sonopo gesê.
Die man het geen sigbare beserings opgedoen nie en dit is nie bekend wat sy dood veroorsaak het nie.
Volgens Sonopo is die man se selfoon en geld gesteel en word die saak nog ondersoek.
- Sapa
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.