Amanda Appelgryn, ‘n woordvoerder vir Mediclinic Bloemfontein, sê Gerhard Fourie het Woensdagoggend net ná 05:00 gesterf nadat talle van sy organe ingegee het, het OFM berig.
Fourie (44) het sedert die skietvoorval nooit sy bewussyn herwin nie.
Die man is op 20 April voor sy kantoor in Krausestraat in Bloemfontein deur twee gewapende rowers oorval, van 'n groot kontantbedrag beroof en met 'n 9mm pistool in die voorkop geskiet, het die radiostasie berig.
Hy laat sy vrou en kinders agter.
Volg Nuus24 op Twitter