Nuus24

Man sterf in ongeluk in NK

2012-04-20 12:00
Johannesburg – ‘n Man het gesterf en vyf ander is beseer toe ‘n bakkie op die Olifantshoek-pad naby Kathu, 50 km van Kuruman in die Noord-Kaap, omgeslaan het, het paramedici gesê.

André Visser, ‘n woordvoerder vir ER24, sê die oorsaak van die ongeluk is steeds onduidelik.

Hy sê ‘n Corsa-bakkie met ses insittendes het in ‘n veld gerol nadat die bestuurder vermoedelik beheer verloor het.

Die ongeluk het Donderdagaand omstreeks 19:00 gebeur.

Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.

‘n Ander man is ernstig beseer en na ‘n hospitaal geneem nadat hy op die toneel behandel is.

Visser sê die vier ander passasiers is op die toneel behandel voordat hulle na die Kathu-hospitaal geneem is.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

Volg Nuus24 op Twitter   
SAPA
Lees meer oor:    kathu  |  noord-kaap  |  ongelukke  |  padsterftes
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)