Johannesburg – 'n 18-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksmeisie in Ceru naby Butterworth in die Oos-Kaap verkrag het, het die polisie Maandag gesê.
Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die tienet het Saterdag sy eksmeisie (16) in sy susters se geselskap gesien.
Hy het gevra om met haar te praat, maar sy het geweier.
Die man het haar toe na 'n plek naby 'n kerk gesleep en haar na bewering verkrag.
Die tiener is Sondagaand op aanklag van verkragting in hegtenis geneem en verskyn Maandag in die Butterworth-landdroshof.
– Volg Nuus24 op
Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.