Nuus24

Man verongeluk op N1 in PTA

2012-08-23 08:45
Johannesburg – ‘n Man het gesterf toe sy voertuig teen die agterkant van ‘n vragmotor op die N1 voor die Rigel-afrit in Erasmuskloof, Pretoria, gebots het, het paramedici gesê.

Chris Botha, ‘n woordvoerder vir Netcare 911, sê dit blyk dat die man beheer oor sy Corsa-bakkie verloor het.

Botha sê die man het Woensdagaand op die toneel gesterf.

Geen verdere inligting is verskaf nie.

Volg Nuus24 op Twitter  
SAPA
Lees meer oor:    ongelukke
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)