Die presidensie het vroeër gesê Mandela reageer goed op behandeling nadat hy byna drie weke gelede in die hospitaal opgeneem is.
Die 94-jarige Mandela is op 8 Desember per helikopter vanaf Qunu in die Oos-Kaap na Pretoria gevlieg. Hy is behandel vir 'n herhalende longinfeksie en galstene.
Pres. Jacob Zuma het die ikoniese leier Saterdag in die hospitaal besoek en het Suid-Afrikaners gevra om vir Mandela te bid.
"Ons beroep op Suid-Afrikaners om aan te hou bid vir ons geliefde Madiba in die tydperk. Ons harte is saam met die hele gesin en familielede."
– Volg Nuus24 op Twitter