“Die tiener was Dinsdagoggend saam met ‘n ander skolier op pad skool toe, toe sy deur ‘n man met ‘n mes aangeval is,” het Muntu Lukhozi, ‘n woordvoerder, gesê.
Die man het die 19-jarige in die bosse ingeneem en verkrag. Die ander meisie kon daarin slaag om te vlug.
Die tiener het ná die voorval na die skool gestap en het dit by die skoolhoof aangemeld
“Sy is na die Eshowe-hospitaal geneem vir ‘n mediese ondersoek” het Lukhozi gesê.
Senzo Mchunu, provinsiale LUR vir onderwys, sê hy is geskok.
“Dit is so ‘n skande dat sulke onsedelike seksuele aanvalle steeds deur volwassenes teen kinders, veral meisies, gepleeg word.
“Dit is regtig hartseer dat, terwyl ons leerders leer om hulself te onthou en om trots te wees op hul liggame en lewens, volwassenes steeds aanhou om presies die teenoorgestelde te doen,” het Mchunu gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter