Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Metroraad mág nuwe straatname aanbring

2012-04-30 13:56
Johannesburg – Die Pretoriase hooggeregshof het AfriForum se dringende aansoek teen die aanbring van nuwe straatname in Pretoria verwerp.

Daar mag dus deur die Tshwane-metroraad voortgegaan word om nuwe straatname in en om Pretoria op te rig, het RSG berig.

Regter Niel Tuchten het Maandagoggend die burgerregtegroep se aansoek van die hand gewys.

AfriForum sê hy sal die uitspraak noukeurig bestudeer voordat hy besluit op sy volgende stap.

Die burgerregtegroep het vroeër vandeesmaand om 'n dringende hofbevel aansoek gedoen wat die metroraad verbied om die nuwe borde op te rig vir 27 nuwe straatname in Pretoria.

Die eerste straatnaamsverandering is reeds aangebring. Genl. Louis Botha-rylaan in die ooste van die stad, sal van nou af bekend staan as January Masilela-rylaan.

Ander name wat ook al verander is, is Duncanstraat en Kerkstraat.

Volg Nuus24 op Twitter  
Lees meer oor:    pretoria  |  straatname  |  afriforum  |  naamsverandering
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Standard Bank Life Cover