Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Miljoene se skade ná betogings in Kaapstad

2012-06-29 12:15
Kaapstad – Onlangse betogings in Kaapstad het gelei tot skade van meer as R2 miljoen, het die stad Donderdag gesê.

Padtekens is geplunder en paaie is deur brandende bande beskadig, het  Brett Herron, die burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, gesê. Die herstelwerk kan tot drie maande neem.

Herron sê dit raak padgebruikers se veiligheid, sowel as dienslewering, aangesien geld wat vir goedere en dienste uitgesit is nou vir herstelwerk aangewend moet word.

Hy sê die situasie is ironies, aangesien die betogings grotendeels gehandel het oor die behoefte vir verbeterde dienste.

“Ons versoek betogers om verantwoordelikheid te neem vir hul aksies en om hul betogings vreedsaam uit te voer. Die sinnelose vernietiging van infrastruktuur dien geen doel nie en lei daartoe dat ons agteruit beweeg, eerder as vorentoe.

– Volg Nuus24 op Twitter

  SAPA
Lees meer oor:    kaapstad  |  betogings
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)